Thursday, July 8, 2010

Boesmansnek


Boesmansnek, Natal, South-Africa
As jy nog nie by Boesmansnek was nie- het jy nog nie mooi gesien nie!! Dis Asemrowend!!
In die hartjie van die Drakensberge lê die mooi natuurtoneel.  Vroeg oggend lê die mis soos 'n wol kombers oor die berge, soos iets uit 'n sprokie.  Wintermaande word die mis vervang met sneeu, en waar om dan anders te wees as voor 'n warm kaggelvuur.

Die selfsorg eenhede is pragtig toegerus en prakties, skoonmakers kom ook elke oggend in om toe te sien dat alles skoon en netjies is vir die res van die dag. Terwyl manlief afkoel in die swembad kan jy heerlik lê en ontspan met 'n eksotiese Skemerkelkie.

As jy iemand is vir bietjie avontuur is daar perderitte, begeleide staptoere na Boesmantekeninge en Quad-bikes om die wêreld te verken.  Die vakansie oord maak ook voorsienning vir kampeerders.

Op die oord self is daar ook 'n restaurant wat heerlike maaltye voorberei en 'n kontantkroeg,  as jy besluit om bietjie vir vroulief te bederf met ontbyt in die bed, kamerdiens is ook beskikbaar.  Om nie met die bondel wasgoed huis toe te gaan waarna ons almal altyd so opsien nie, is daar ook dienste beskikbaar.

Alles onder een dak- wat wil jy meer hê as dit??

Inligting en Foto's verskaf deur Yolandie

Laat gerus 'n "comment", en vertel ons meer as jy al by Boesmansnek was.
Find-Info-Quick groete.

No comments:

Post a Comment