Op Reis...... Geniet jou vakansies. We want to keep South-Africa informed, and who can do it better than you!!!! Contact us and e-mail photos and info about your favourite holiday, day trip, etc.
Tuesday, July 6, 2010
Midlands Saddle and Trout
Midlands Saddle and Trout, Natal, South-Africa
As jy iemand is vir die plaas lewe is Midlands Saddle and Trout net die plek vir jou!
Geleë aan die voet van die Drakensberge lê die pragtige vakansie oord met sy selfsorg eenhede.
Met 'n warm verwelkoming word ons vergesel na ons eenheid, in die sitkamer is daar 'n kaggel wat voorsienning maak vir hitte in die koue, nat, reënirige somers soos mens dit net in die Drakensberge kry.
Vanuit die sitkamer is daar 'n glas deur wat uitloop op 'n patio wat uitkyk oor die pragtige landskap van Midlands Saddle and Trout, daar word ook die braaigeriewe aangetref, privaat en afgesonder van die ander eenhede rondom.
Perderitte, Staproetes en natuurlik Forelvang is op die lys van buitelug aktiwiteite. Verder kan jy vermaak word deur die Zulu danse wat saans om die Tradisionele "Bon Fire" gehou word.
As jy nie een is vir al die bedrywighede nie kan jy net lekker ontspan langs die swembad.
Beslis iets om te beleef!!!
Inligting en Foto's verskaf deur Andries
Laat gerus 'n "comment", en vertel ons meer as jy al by Midlands Saddle and Trout was.
Find-Info-Quick groete.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment