Tuesday, July 6, 2010

Sabie River Camp

 

Sabie River Camp, Mpumalanga, South-Africa
Niks is lekkerder as daardie impulsiewe vinnige wegbreek nie.  En waar anders as in die Sabie omgewing, by Sabie River Camp. Die foto's spreek vanself, dis skoon en netjies en die omgewing is oorlaai met natuurskoon tonele. Die kamp plek is sentraal geleë en omring met toeriste aantreklikhede waarvan die Lone Creek Waterval een van vele is.  Die omgewing is stil en rustig, soos meeste van ons dit verkies wanneer ons vakansie hou- of sommer net wil wegbreek.

Na net een nag se oorslaap by die Sabie River Camp het ek weer soos 'n nuwe mens gevoel.

Gaan besoek gerus die rustige en natuurskoon kampplek en ondek weer jouself.

Inligting en Foto's verskaf deur Yolandie

Laat gerus 'n "comment", en vertel ons meer as jy al by Sabie River Camp was.

Find-Info-Quick groete.

No comments:

Post a Comment