Sunday, July 11, 2010

Geluksfontein, Goatsmilk Cheese Farm

Geluksfontein, Goatsmilk Cheese Farm, Waterberge, Limpopo, South-Africa
Wat 'n verrassing toe ons op Geluksfontein, Goatsmilk Cheese Farm aankom.  'n Heerlike rustige teetuin, waar jy in 'n plaas atmosfeer kan ontspan, en selfs bokmelkkaas proe.

Feta, Cheddar, Picorino, Garlic Pepper, Gouda, Cottage, Philadephia en Halloumi.  Ek het nooit gedink daar word soveel verskillende soorte kaas van bokmelk gemaak nie.  Ongelukkig kon ons nie bokmelk proe nie, aangesien die bokke nie in Junie en Julie gemelk word nie.Ons het dus ook die Bokmelk Toer gemis, waaroor ons natuurlik baie spyt was.  Christo het ons egter genooi om later vanjaar weer 'n draai te kom maak, en dan gaan ons vir julle foto's neem van die melkery.

Die bokmelk toer word stiptelik om 15h00 uur begin.  Volwassenes R25,00 en kinders R20,00. Die bokke word gestimuleer deur musiek, (klassieke, Afrikaanse en selfs boere musiek) tydens die melkproses.  Christo sĂȘ sy bokke is Afrikaanse bokke!  Daar is blykbaar wetenskaplik bewys dat 200 bokke 20 liter melk minder gee sonder musiek.  Wie sou dit ooit kon dink!  Na die melkery word die basiese vervaardiging van kaas gedemonstreer, en daarna kan kinders teen 'n fooi die bokke voer.

Moenie hierna verdwyn nie, besoek gerus die teetuin.  Die kaasproe is 'n moet, die kelner verduidelik baie professioneel watter soort kaas waar op die bord is, en as jy besluit het watter kaas vir jou die lekkerste is, kan jy selfs daarvan koop en huis toe neem.  Pa kan ook sy biertjie geniet, terwyl die gesin by die restaurant a la carte sommer hulle aandete bestel.

Hierdie belewenis is 'n moet as jy in die omgewing vakansie hou.

Inligting en foto's verskaf deur die Find-Info-Quick span.
Laat gerus 'n "comment", en vertel ons meer as jy al by Geluksfontein, Goatsmilk Cheese Farm was.



No comments:

Post a Comment