Shingwedzi, Limpopo, South-Africa
Terwyl ek in Klein Karieba vakansie gehou het, het ek op die web afgekom op Shingwedzi. Die pragtige plaas is so omtrent 'n uur se ry vanaf Warmbad. Ek het die oggend vroeg vertrek en was voor 8uur op die plaas. Ek kon toe op my tyd na die jagluipers kyk. Ek het egter geen idee gehad wat op my wag nie.
Die cheetah run was ongelooflik en mensig my kamera was te stadig. Hierdie pragtige diere kan hardloop. Ons het dit geweldig geniet.
Toe kry ek 'n heerlike ontbyt en weer tyd om rond te dwaal. Zulu is die ambasedeur van die plaas en is hy nie mooi nie.
Ons het toe vertrek op "feeding drive" waar ons verskillende aasvoëls gesien het. Ons gids was goed ingelig en kon ons ten volle inlig.
Daar is omtrent net vyftig King cheetahs in die wêreld. Hulle het 3 van die vyftig daar.
Ons het die wilde honde en die tierboskat besoek.
Dit was 'n ongelooflike ervaring wat ek vir enige iemand hierdie wonderlike ervaring aanbeveel.
Hulle het ook verblyf beskikbaar vir enige iemand wat wil wegkom vir 'n rukkie.
Inligting en foto's verskaf deur Lindie
Laat gerus 'n "comment", en vertel ons meer as jy al by Shingwedzi was.
Find-Info-Quick groete
No comments:
Post a Comment