Win 7 nights for 4 at Waterberg Natuurpraal.
Waterberg Natuurpraal, Waterberge, Limpopo, South-Arica
Waterberg Natuurpraal, Waterberge, Limpopo, South-Arica
Ons het gister die pad gevat, en besluit om by Waterberg Natuurpraal 'n draai te gaan maak, sodat ons julle meer oor hierdie vakansie oord kan vertel. Met die intrapslag is ons baie hartlik ontvang deur Renier en Dina wat die oord bestuur, en wat 'n aangename rustige oggend het ons beleef terwyl ons rondloop en foto's neem!
Waterberg Natuurpraal se selfsorg chalets en rondawels (Bring asseblief net jou eie handdoeke. Beddegoed, eetgerei, ens. word voorsien), en woonwa park is omring deur bosveld bome en die mooiste natuur. Hier kan jy heerlik ontspan en rus en rus en rus.
Vir die meer aktiewe vakansiegangers is daar staproetes, perderitte, tennis, put put, 'n vermaaklikheids lokaal met pool tafel en speletjies, 'n onderdak warm water swembad, koue swembad buite en selfs 'n jacuzzi. Wildritte kan ook gereël word. As jy van visvang hou, kan jy in die Palala rivier wat deur Waterberg Natuurpraal loop gaan lyn nat maak, en moontlik selfs 'n seekoei of 'n krododil te siene kry.
Indien ma die slag nie lus is om kos te maak nie, kan ligte etes op bestelling voorsien word. 'n Kiosk is ook beskikbaar, en moenie van Waterberg Natuurpraal se lapa vergeet as jy weer 'n funksie wil hou nie. Die lapa is groot genoeg vir ongeveer 100 mense.
Na al die gestappery, het ons by ontvangs op die stoep gaan sit en ontspan, en is sowaar verras deur die besoek van 'n mak vlakvark familie. Julle sal hulle op die foto's sien. Daar is ook 'n plaaswerf waar hulle plaasdiere aanhou, en poue loop rustig op die oord rond.
Renier sê groepbesprekings en skoolgroepe is ook baie welkom op Waterberg Natuurpraal, hier is definitief genoeg aktiwiteit om die jong klomp mee besig te hou.
Find-Info-Quick wil dan ook hiermee baie dankie sê aan Waterberg Natuurpraal wat aan ons 'n week vakansie vir 4 mense skenk vir ons foto kompetisie wat ons binnekort gaan aankondig.
Kontak Waterberg Natuurpraal vir meer inligting.
Inligting verskaf deur Waterberg Natuurpraal en foto's geneem deur die Find-Info-Quick span.
Laat gerus 'n "comment", en vertel ons meer as jy al by Waterberg Natuurpraal was.
Back to Waterberge Holiday Accommodation on Find-Info-Quick.
Back to Waterberge Holiday Accommodation on Find-Info-Quick.
Dit lyk na net die plek om te ontspan
ReplyDelete